Namutoni Rest Camp | Temba Tuis | Navrae    


For peak season please contact jenny@temba.co.za for bookings or phone +27 (0)21 8550395


NAMUTONI REST CAMP

In die oostelike gedeelte van Etosha Nasionale Park, nou 'n vyfster-oord.

BOOK NOW AND ONLY PAY 5% ON YOUR BOOKING

Tel: +27 (0) 21 855 0395
BESPREEK NOU >>


Namutoni Rest Camp - Algemeen

Namutoni is sekerlik die ruskamp en offer akkommodasie in die Etosha Nasionale Park met die meeste karakter. Dit is hoofsaaklik weens die ou Duitse fort waarom die kamp gebou is, en die talle makalani-palms wat oral te siene is. Namutoni is naby die Von Lindquist hek aan die oostelike kant van die Park geleë en is naby Fischer’s Pan, waar jy in die nat seisoen massas flaminke en ander watervoëls kan sien.

Die Ligging

Die Fort is die middelpunt van Namutoni en jy kan dit slegs met behulp van ‘n houtpaadjie bereik. Dit stel jou in staat om die omgewing en pragtige sonsondergange beter te kan sien. Die Fort kyk op die Koning Nehale watergat (onder spreiligte) uit, waar jy ‘n hele reeks van diere kan dophou terwyl hulle kom drink.

 

Akkommodasie

Namutoni verskaf luukse akkommodasie in 20 chalets en 24 dubbelkamers. Die chalets is almal en suite (met dubbelstort) en toegerus met yskas, en tee-/koffie-stasie en skuifdeure wat op ‘n privaat ontspanningsarea (met buitestort) uitloop. Namutoni verskaf ook kampeerplekke in die Etosha Nasionale Park, met gedeelde ablusiefasiliteite, kragpunte en water by elke kampeerplek.

Die Fort huisves ook twee restaurante (“The Steakhouse” sit internasionale geregte voor, terwyl “African Fusion” watertand Afrika-disse bedien), kroeg, sitkamer, snuisterywinkel, boekwinkel, juwelier en handwerkboetiek.

 

 

Dubbelkamers

Die dubbelkamers is en suite en toegerus met yskas, tee-/koffie-stasie en privaat buite-gebied.

 

 

Aktiwiteite

Daar is ‘n aantal watergate om Namutoni, en omdat die Etosha Nasionale Park eintlik op selfbestuur wildbesigtiging gerig is, sal jy hulle kan besoek na willekeur. Die Chudob-gat het ‘n drywende riet-eiland, terwyl Kalkheuvel en Tsumcor lieflike fotogeleenthede bied.

Namutoni bied ook drie begeleide wildritte per dag aan: vroeg soggens, laat in die middag en na donker.